Parys is een van die mees romantiese bestemmings in die wêreld en die perfekte vakansieplek vir ’n wittebrood of spesiale huweliksherdenking. Bespreek nou vir julle ’n wegbreek van ’n leeftyd en spaar met hierdie spesiale aanbod!

Troukoors en Sky Arch Travel het kragte saamgespan om vir paartjies die lekkerste romantiese toer-opsies na Parys saam te stel, sonder om die bank te breek. Die lekkerste van alles is, dat die eerste twee besprekings ook ’n gratis bottel Moët-sjampanje sal ontvang!


Kies uit een van hierdie drie reispakkette:

PRINCE DE CONTI 3*
Daar is verskeie fasiliteite en dienste beskikbaar by hierdie merkwaardige driester-hotel, wat onder andere, internettoegang insluit. Kamers is groot en gerieflik en dié blyplek is sentraal geleë vir paartjies wat Parys wil verken.

Prys: vanaf R 15 169 per persoon.

Ingesluit in die pakket:
* Vyf nagte se verblyf in gerieflike dubbelkamer;
* Ontbyt;
* Aandete op die Seine-rivier en ’n uitstappie om die liggies van die stad te waardeer;
* Daguitstappie na Champagne, wat wynproe insluit; en
* Vervoer van en na die lughawe.

LION D’OR LOUVRE 3*
Hierdie pragtige driester-hotel is sentraal geleë, in die hartjie van Parys. Dit is binne loopafstand van die Saint-Roch-kapel en minute weg van die Museum of Decorative Arts. Verder is dié gerieflike lugverkoelde blyplek ook nie ver van Notre Dame en die Arc de Triomphe af nie.

Prys: vanaf R18 269 per persoon.

Ingesluit in die pakket:
* Vyf nagte se verblyf in gerieflike dubbelkamer;
* Ontbyt;
* Aandete op die Seine-rivier en ’n uitstappie om die liggies van die stad te waardeer;
* Daguitstappie na Champagne, wat wynproe insluit; en
* Vervoer van en na die lughawe.

SECRET DE PARIS DESIGN HOTEL 4*
Hierdie vierster-hotel is in die Opera-buurt van Parys geleë en is elke inkopieliefhebber se droom. Dit is naby ’n moltreinstasie, wat reis maklik maak en sowat 500m weg van Galeries Lafayette en 700m van L’Opéra Garnier.

Prys: vanaf R 24 019 per persoon.

Ingesluit in die pakket:
* Vyf nagte se verblyf in ’n spogkamer met ’n borrelbad;
* Ontbyt;
* Aandete op die Seine-rivier en ’n uitstappie om die liggies van die stad te waardeer;
* Daguitstappie na Champagne, wat wynproe insluit; en
* Vervoer van en na die lughawe.

Om julle romantiese vakansie na Parys te bespreek, stuur ’n e-pos na reis@bpwpprebuild.co.za

Hooffoto: Freepik

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA